Zinkplaat – Interview
Our Afrikaans Interview of the Week. We talk to Beer van Zinkplaat. Time to learn to read Afrikaans if you dont understand it
Waar het julle aan jul naam gekom en wat beteken dit?
A: Ons het rondgespeel met die naam “Vlamboyante Fanie en sy 4 Vingers” maar toe spel ons dit verkeerd op ‘n inskrywingsvorm vir Idols en toe word ons Zinkplaat
hoe lank speel julle al saam?
A:Ons het in 2003 begin, so dit is nou ons 5de jaar saam. Dis lekker om 22 te wees en om al 5 jaar saam met ander ouens in ‘n band te wees. Dis soos ‘n verhouding, ek sweer.
wie doen wat in die band?
Bertie Coetzee – Sing ‘n ding, looi sy akoestiese kitaar en val sy bekfluitjie aan met sy mond.
Basson Loubser – Baljaar op elektriese snaar en gooi ‘n agtergrond stem
Beitel van der Merwe – Tokkel die diksnaar baskitaar en sing die hoë note
Beer Adriaanse – Kap die dromme en simbale en gooi sy stem ook rond.
Waar is julle based?
A: Ons kom van oral rond af, maar ons huis vir die afgelope klomp jaar is Stellenbosch
Wat is jul Fav song van julself?
A: Dit is bietjie moeilik, maar een van die lekkerstes om live te speel is deesdae Jan Papier. Dit verander maar altyd.
Wie is julle grootste fan?
A: Sekerlik Bertie se ma.
Het julle Groepies?
A: Daar was al vreemde dames (en ouens) wat weird goed by shows aanvang, maar ons het nie groupies wat agterna toer nie.
Waar is die beste plek om te gig?
A: Een van ons gunstelinge is defnitief Die Hangklip Hotel en dan lekker buitelug konserte.
Wie is single ini band en wie is in n relationship?
A:Almal is single, behalwe Beer.
Enige iets snaaks al op n toer gebeur of by n gig wat julle wil deel?
A:Daar is te veel om te sê, maar ons stadig besig om al ons memories van gigs en toere op ons blog te skryf by www.myspace.com/zinkplaat Een ding wat nogal snaaks was, is toe ons een aand na ‘n gig in die manager van die Hangklip Hotel se Volla geklim het en toe gaan ry ons op die duine van Pringlebaai rond. Ons het toe gaan staan sonder petrol en moes hike terug hotel toe. En toe breek ons saam met die manager in sy eie hotel se kombuis in en eet al die yskaste leeg.
Watse deel van in die band wees geniet jul di meeste?
A:Live speel, toer en om te record en videos te maak.
en watse deel di minste?
A:Om op te tree by geleenthede waar die mense nie daar is vir die musiek nie. Dit voel soos ‘n mors van tyd en energie.
hoe gereeld practise julle?
A:Ons het die mees legendariese practice plek in die wêreld gehad. Langs die Eerste Rivier in Stellenbosch op ons vriend se plaas. Hy en sy jong bruid het egter nou daar ingetrek en nou het ons al vir die afgelope 8 maande nie ‘n oefenplek nie. Ons het egter gisteraand by sy housewarming gespeel vir oulaas in ons ou jamplek en al die gaste kon lekker saam party. Nou oefen ons maar op stage.
Swot julle of werk julle, wie doen wat vi n lewe?
A:Bertie maak hierdie (hopelik) sy BSc graad klaar.
Beitel maak hierdie jaar sy Brek LLB klaar.
Beer doen honneurs in Joernalistiek.
Basson speel kitaar.
Maak julle geld?
A:Nie genoeg om van te lewe nie. Ons gebruik al ons geld om maar weer ‘n nuwe CD te maak of om vir ons over the top toere te betaal, soos London toe, of met busse en trokke teen die kus op. Dit is ‘n lekker lewe, maar as jy dit doen vir die geld, gaan jy nie baie goeie musiek maak nie, want die enigste groot geld in hierdie land gaan aan backtack mense en ander kommersiële kunstenaars. Nie eers Fokofpolisiekar kan net musiek maak nie. die mark is net te klein. So ons streef om altyd aan te hou en om dit vir die regte redes te doen.
Watse cds het julle al uit en waar kan mens dit koop?
A:Karoo Poison (2003)
Die Miskruier Gaan See Toe (2005)
Die eerste een is net by gigs beskikbaar en Miskruier is landswyd beskikbaar by enige goeie musiekwinkel. As dit nie daar is nie, vra net vir hulle, dan bestel hulle dit by ons record company.
Hoe ervaar julle di scene, hoe lyk dinge vi sa musiek vorentoe?
A:Die scene arvaar tans ‘n groot ontploffing met MK89, maar meeste van die skoolbands wat nou groot gaan, gaan nie te lank aanhou nie, want sodra jy onder jou ouers uit is, dan maak dit nie meer finansieël sin nie. Die scene is egter lekker en die bands werk nogal goed saam. Dit is net jammer dat Afrikaanse mense nog baie by konserte rassisties optree ens. Ek sal bv. dit geniet as die afrikaanse bruines en wittes bietjie by mekaar se kulture kan leen en ‘n nog groter scene kan vorm.
Lees enige van julle?
A: Ja, almal lees nogal baie.
Watse like julle om te dra en wa shop julle?
A: Ons hou van kaalvoet loop en om enige klere aan te trek wat op die grond lê en nie soos kompos ruik nie.
Wa hang julle yt?
A:Daar waar mens ‘n Black Label kan bestel.
Wat le ini future vi julle voor?
A: Ons gaan nou in Junie ons nuwe CD record.
enige toer planne?
A: Ons gaan dalk in Mei bietjie Noorde toe toer.
enige albums wat julle binnekort beplan om te doen?
A: Jip. Sy naam gaan wees “Die Kapitalis en die bergie vang vis” of “Gedigte vir Gesigte” of “Twee Wolwe baklei”
Wie is julle gunsteling SA Artist?
Ons is almal mal oor Bed On Bircks en Rudimentals. Delta Blue is altyd bedonnerd en Die Helde en FotoNaDans is belaglik goed.
Watse artist like julle rerig niks en why?
A: Ek dink Nicholas Louw vat al sy fans vir ‘n gat want nie eers hy hou van sy tunes nie. Die Snotkop fenomeen is ook vreemd, hy maak asog hy ons land se Eminem is. Hy het ook natuurlik sy deurbraak gemaak met ‘n cover van Loslappie, wat nogal erg is.




Ah wicked! Another awesome interview