Van Coke Kartel - Praat
Sorry English people, here’s another Afrikaans interview. This band needs no introduction. If you’ve ever seen them live, you will understand. If you want to read about them writing things on children’s wallets, read on!
Waar het julle aan jul naam gekom en wat beteken dit?
Wynand: Francois het net nadat Fokofpolisiekar se eertse CD uitgereik was sy Van vervang met Van Coke. Sy Pa is ‘n dominee en die gemeente het hulle harras nadat FPK begin publisiteit kry het. Om hulle die grief te spaar het hy dit verander.Ons wou ‘n naam vir die three piece band kies wat ‘n groter collective verteenwoordig. Op die eerste CD het George Van Der Spuy (Taxi Violence), Theo Crouse (Kobus! / Nude Girls), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar / aKING / Heuwels Fantasties) en Mike Horn (Hog Hoggidy Hog / Flat Stanley) hulle expertise op verskillende songs bygedrae wat daai collective vibe geskep het. Ons het ook altyd in FPK gejoke dat ons almal ons Vanne na Van Coke gaan change.Die naam Van Coke Kartel het opgekom en gestick. Ons het ook gehou van die speeling met Coke en Kartel in die naam.
Hoe lank speel julle al saam?
Wynand: Ons eerste self titled CD was in November 2007 uitgereik. Ons het aan die songs saam begin oefen in Julie daai jaar. Ons eerste show was ‘n launch gig by Mercury Live in Kaapstad - 29 November 2008.
Wie doen wat in die band?
Wynand: Ek speel bass, Francois speel guitar en sing. Justin Kruger speel dromme.
Waar is julle based
Wynand: Kaapstad, Suid - Afrika
Luister julle na julle eie musiek?
Wynand: Nadat ‘n CD gerecord is sal ons daarna luister om gewoond te raak aan hoe dit uitgedraai het. Ook om familiar te raak met die tracks vir die live shows. Na twee maande hoor mens dit occasionally weer.
Wat is jul favorite song van julself?
Wynand: Op die eerste disk hou ek van Algehele Kontrole. Op die upcoming CD is daar ‘n song met die naam Pynstiller wat befok is.
Francois: My gusteling is Elke oomblik tel op die eerste album en Passief Paranoies van die upcoming album. Ons speel daai een al vir ‘n tydjie live.
Wie is julle grootste fan?
Wynand: Jaco ”Snakehead” Venter. Ek kry ook elke nou en dan die occasional girl / dude by ‘n gig wat vir my se hulle is ons grootste fan. Hulle name kan ek nie onthou nie.
Het julle groupies? Wil julle groupies hê?
Wynand: Daar was ‘n tyd toe ek in sulke soort aktiwiteite deel geneem het. Ek het nou ‘n girl wat ek fucked up love! Jy kan seker die girls wat vir ons drug aandra groupies noem.
Het julle al enige awkward / slegte experiences met fans gehad? Vertel?
Wynand: Sedert ek ‘n boodskap op ‘n kind se wallet in 2006 geskryf het, gelukkig nie.
Waar is die beste plek om te gig?
Wynand: Dis ooral lekker om te speel. Elke dorp en stad verskil. Jy kry nooit twee keer dieselfede ding nie. Dit hou dinge intersessant. Om in Amsterdam te speel is net plain crazy en befok!!
Francois: Kaapstad is natuurlik home base. Pretoria is soos die 2de huis. In plekke soos PE waar min bands uitkom is daar ook ‘n baie goeie vibe.
Waar was julle favorite gig nog en hoekom?
Wynand: Altwee die Oppikoppi gigs wat ons die jaar gespeel het was befok! Die mense se vibe en als van die fees skep ‘n perfekte atmosfeer om ‘n befokte show te speel.
Wie is single in die band en wie is in ‘n relationship?
Wynand: Ons almal is in verhoudings
Enige iets snaaks al op ‘n toer gebeur of by ‘n gig wat julle wil deel?
Wynand: Ons was deur ‘n vreeslike groot road block op ons Desember 2007 launch toer oppad na Woodstock in Harrismith. Nadat hulle ons gestop het het daar ‘n jong polisieman met ‘n hond opgedaag en geskree: ‘Hoekom speel daai song van julle nie nou nie?’. Hy het verwys na die song - Fokofpolisiekar. Ons sound engineer kan nie sonder sy dagga travel nie en ons het ons self dood geskrik. Ons het gelukkig fine daarvan afgekom.
Watse deel van in die band wees geniet jul die meeste?
Wynand: Alles
Francois: Om die songs te hoor nadat ons gerecord het en ook die live shows. Dit is nodig.
en watse deel die minste?
Wynand: Soms raak die lang trips weg van die huis af te lank. Ons speel ook altyd shows - so mis gewoonlik ons vriende se b - day parties en ander befokte events.
hoe gereeld practise julle?
Wynand: Dit hang af van wat gebeur op die tyd. Met die begin van die projek - elke dag. Dan as jy baie toer is daar nie baie practise nodig nie. Voor jy studio toe gaan en voor jy ‘n nuwe album gaan punt - oefen jy so baie moontlik. Dit vat altyd ‘n tydjie om gewoond te raak aan ‘n nuwe song live speel en jy moet so goed voorbereid wees moontlik.
Swot julle of werk julle, wie doen wat vir ‘n lewe?
Wynand: Ons speel musiek voltyds.
Maak julle geld?
Wynand: Jip
Watse cds het julle al uit en waar kan dit gekoop word?
Wynand: Daar is nog net een self titled Van Coke Kartel CD beskikbaar. Hy kan in enige CD shop gekoop word. Die volgende album wat ons besig is om op te neem gaan einde September landwyd beskikbaar wees. Ons musiek kan ook online by www.rhythmonline.co.za <http://www.rhythmonline.co.za/> gekoop word.
Hoe ervaar julle die scene, hoe lyk dinge vir sa musiek vorentoe?
Wynand: Elke twee persoon wil / probeer in ‘n band wees of is ‘n band manager. Om musiek te speel is vreeslik popular op die oomblik. Met die opkoms van MK is die SA publiek baie meer blootgestel aan wat in die musiek bedryf gebeur. Daar is ‘n groot belangstelling en al hoe meer goeie bands. As ons as musiekante kan aanhou bou op wat established is, reinvent en die scene interessant hou sal die publiek aanhou support.
Francois: dinge lyk belowend. Daar is nuwe bands soos aKING, Zebra & Giraffe en Kidofdoom around.
Wat dink julle van al die afrikaanse band wat nou oral oor die land ontstaan?
Wynand: Van hulle is lekker en van hulle is kak.
Lees enige van julle boeke?
Wynand: Soms. Ons is so donners besig die heletyd, dat daar baie min tyd vir enige ontspanning. Ek is ‘n groot Chuck Palanuik fan!
Francois: Yes. Ek lees op die oomblik ‘n boek.
Waar lunch julle?
Wynand: Dit hang maar af waar ons is - Engen One Stops (regoor Suid-Afrika), Tings an Times (Pretoria), Perseverance (Kaapstad).
Waar hang julle uit?
Wynand: Ons speel gewoonlik shows en as ons nie doen nie: Mercury / Shack (Kaapstad), Tings an Times (Pretoria) en Cool Running on da East (Boksburg), Mystic boer (Bloemfontein).
Wat lê in die toekoms vir julle voor?
Wynand: Aanhou musiek uit kak, dit promote en mense entertain.
enige toer planne?
Wynand: Ons launch ‘n nuwe CD in Oktober. Check ons website vir details - www.vancokekartel.co.za
enige albums wat julle binnekort beplan om te doen?
Wynand: Ons is besig om ‘n nuwe Van Coke Kartel album op te neem. Dit gaan in Oktober beskikbaar wees. Ons neem dit by B# in Boksburg op. Dit gaan ‘n vars, nuwe Kartel sound he. Ek speel double bass op 7 van die 10 tracks.
Wie is julle gunsteling SA Artist?
Wynand: Kidofdoom, aKING, Fokofpolisiekar, The Narrow
Francois: soos bg en Zebra & Giraffe, Fuzigish en Taxi Violence
Wie is julle least favorite SA artist en hoekom?
Wynand: Uhm!
Francois: gelukkig bestaan Finkelsteins nie meer nie.
Upcoming gigs?
Date: 22 August 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Route 81 (41 Main Str, Witfield), Boksburg
Cover:
Time: 22h00
Contact:
Other:
Date: 13 September 2008
Line-up: Van Coke Kartel & Others
Venue: Pretoria Rugby Club (Across From Harlequins), Pretoria
Cover: Public: R150, Students: R120
Contact: 0123628021
Date: 26 September 2008
Line-up: Fokofpolisiekar
Venue: Witchfest, Durban
Cover: R360
Contact: 031 2080905
ALBUM LAUNCH TOER:
Date: 30 September 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Tapas Al Sol, Port Elizabeth
Cover: R40
Time: 21h30
Contact: 041-5840660
Other: Tapas Rocktober
Date: 4 October 2008
Line-up: Van Coke Kartel & Others
Venue: OppiAarde, Potchefstroom
Cover: TBC
Time: TBC
Other: OppiAarde fees
Date: 7 October 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Tings an Times, Hatfield
Cover: R40
Time: 21h00
Contact: 012-4303176
Date: 8 October 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Firkin, Centurion
Cover: R50
Time: 21h30
Contact: 012 6634213
Date: 9 October 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Back2Basix, Westdene
Cover: R60
Time: 21h30
Contact: 011 726 6857
Date: 10 October 2008
Line-up: Van Coke Kartel
Venue: Black Dahlia, Boksburg
Cover: R40
Time: 22h00
Addy: 192 Trichardt rd, Boksburg
Contact: 0727257254
Samusicblog continues to support these guys. Check them out at one of their gigs or on myspace / facebook.







Leave a Reply