Zinkplaat en Melktert Kommissie – gig review
Dinsdagaand het ons die reën trotseer om Zinkplaat en Die Melktert Kommissie by Aandklas te gaan kyk. Na so ‘n paar minor issues met die deur man het ons uiteindelik ingekom en ‘n VOL Aandklas voor ons gesien. Stellenbosch het weereens in sy massas opgedaag om hierdie twee bands te kom ondersteun.
Na ‘n paar biere het ons na die stage toe beweeg al agter Lucinda van die Melktert Kommissie se stem aan. Daar was skaars staan plek voor die stage om nie eers van rond beweeg te praat nie. Die crowd het mal gegaan en hul het uitgehonger vir goeie musiek gelyk. Die Melktert Kommisie kon gelukkig hierdie honger stil.
Hulle vertoning was absoluut noot vas en het presies soos op hulle cd geklink. Basson van Zinkplaat het hulle opstage gejoin vir ‘n song en dit het die skare gaande gehad. Alhoewel die Melkterte nie ‘n Stellenbosch band is nie het hulle definitief ‘n groot following hier en na Dinsdagaand is hulle following definitief nog groter.
Volgende het Zinkplaat gespeel. Wie ook al gesê het dat hulle nie groupies het nie, was definitief verkeerd. Reg voor die stage was daar twee dames wat die show en vir Zinkplaat verskriklik baie geniet het…
Zinkplaat het, soos altyd, beïndruk met hul musiek. Hul show was uit ‘n tegniese oogpunt uitstekend en vlot en hulle het die crowd aan die beweeg gekry.
Veral hul song, wat tans op die radio gehoor kan word, Gedigte vir Gesigte het die crowd laat skree en saamsing. Hul Creedence Clearwater Revival covers het ook groot aanklank gevind.
Hulle het afgesluit met een van hul grootste hits, Piekniek op die Maan. Dit was amper onmoontlik om die band te hoor aangesien die crowd so hard saamgesing het op hierdie song.
All in all was dit ‘n uitstekende aand. Ons hoop om vir Melktert Kommissie nog baie meer hier op Stellenbsoch te sien en natuurlik gaan ons nog baie vir Zinkplaat sien.





Leave a Reply