KRY DIT GRATIS AANLYN – VOOR ONS STOF WORD van VAN COKE KARTEL SE NUWE ALBUM SKOP SKIET EN DONNER

VOOR ONS STOF WORD
VAN COKE KARTEL
Van Coke Kartel (Francois van Coke en Wynand Myburgh) het Saterdagaand 5 Desember die musiekvideo vir Voor Ons Stof Word - die eerste snit vanaf hulle opkomende album, Skop Skiet en Donner by Assembly in Kaapstad vrygestel.Â
Soos met die musiek op Skop Skiet en Donner, is die musiekvideo van Voor Ons Stof Word ‘n opwindende vertrek van Van Coke Kartel se vorige werk. Die video (gemaak deur Louis Minnaar en Van Coke Kartel se eerste animasievideo) neem kykers op ‘n dromerige, rockerige verbeeldingsvlug waar Francois en Wynand in ‘n magiese wonderwereld hulle ding doen.
Skop Skiet en Donner sal teen einde Februarie 2010 op die rakke wees. Die album bevat ‘n klomp verassings, onder andere elektroniese klanke, akoestiese elemente en ’n aantal samewerkings met ander musikante, insluitende Laudo Liebenberg van aKing en Peach van Pletzen van Yesterday’s Pupil.
GRATIS AFLAAISNIT VAN VOOR ONS STOF WORD:
Â
Â
MUSIEKVIDEO VAN VOOR ONS STOF WORD:







Leave a Reply