VAN COKE KARTEL – nuwe jaar, nuwe video, nuwe line-up, nuwe album

image0012

image0021

VOOR ONS STOF WORD

Voor Ons Stof Word is die eerste single van Van Coke Kartel se nuwe album, Skop, Skiet en Donner. Voor Ons Stof Word was die aanlyn musiekwebwerf, www.rhythmonline.co.za, se top MP3 download in Desember en die musiekvideo is al vir ‘n maand lank op MK se musiekvideo charts, waar dit die # 1 posisie bereik het.

 

V an Coke Kartel is bekend vir hulle harde, geen-nonsens rockmusiek en energieke vertonings, en in 2010 het hulle magdom fans heelwat om na uit te sien. Die album, Skop, Skiet en Donner (vrygestel in Maart 2010) is ‘n ‘n opwindende vertrek van Van Coke Kartel se vorige werk. Die album bevat ‘n klomp verassings, onder andere elektroniese klanke, akoestiese elemente en ’n aantal samewerkings met ander musikante, insluitende Laudo Liebenberg van aKing en Peach van Pletzen van Yesterday’s Pupil.

 

Die musiekvideo van Voor Ons Stof (gemaak deur Louis Minnaar) is Van Coke Kartel se eerste animasievideo en neem kykers op ‘n dromerige, rockerige verbeeldingsvlug waar Francois en Wynand in ‘n magiese wonderwereld saam met vreemde karakters rondbaljaar.

image0031

 

In Desember het Van Coke Kartel vir die eerste keer met ‘n nuwe line-up op toer gegaan. Peach van Pletzen (Yesterday’s Pupil en vervaardiger van Skop, Skiet en Donner) was op dromme en Jedd Kossew ( ex-7th Son) was op lead guitar. Voortaan sal die bekende sessie-drommer, Mike Horne (Flat Stanley en ex-Hog Hoggidy Hog) gereeld saam met Van Coke Kartel optree, en fans kan uitsien na Van Coke Kartel vertonings met diverse materiaal, ‘n voller klank en selfs meer en wilder on-stage antics as vantevore!

Kyk die musiekvideo van Voor Ons Stof Word hier 

Kry jou gratis aflaaisnit van Voor Ons Stof Word hier

Lees meer oor die konsep en vervaardiging van Voor Ons Stof Word se musiekvideo hier

23 Januarie Maties Jool

Line-up: Van Coke Kartel, Dear Client, Seisoen na Somer, 3rd World Spectator, Glaskas, Straatligkinders, eF-eL, Die Heuwels Fantasties & ander

Toegang: R20

Waar: Die Braak, Stellenbosch

Tyd: 11h00-21h00

Kontak: Jean Roodman (0833200028)

27 Januarie Van Coke Kartel

Waar: Bourbon Street, Potchefstroom

Toegang: R15

Kontak: 018-290 0226

Tyd: 22:30

 

28 Januarie Van Coke Kartel

Waar: Tanz Café, Bryanston, Johannesburg

Toegang: R80

Kontak: 011-463 3128

Tyd: Deure maak 19:00 oop

 

29 Januarie Van Coke Kartel

Waar: Back 2 Basix, Melville, Johannesburg

Toegang: R50

Kontak: 011-726 6857

Tyd: 20:00

image004

Onmisbare Van Coke Kartel optredes:

image005

About the Author

arne

Leave a Reply

You can use these XHTML tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <blockquote cite=""> <code> <em> <strong>