Foto Na Dans – Flash Republic, AFRIKAANS en die jaar wat voorlê

untitled2

FOTO NA DANS

Eklekties, onvoorspelbaar en musikaal-innoverend, Foto Na Dans is terug in 2010 met ‘n reusagtige treffer-samewerking, ‘n nuwe album en ‘n landwye toer later in die jaar.

21

AFRIKAANS

Dans Republic, Foto Na Dans se samewerking met Flash Republic,  het begin soos menige ander briljante projekte – in ‘n kroeg. Die ouens van Foto Na Dans het Tamara Dey van Flash Republic ontmoet terwyl sy besig was om Flash Republic se albumvrystelling te bemark in ‘n drinkplek in Johannesburg.  Jagermeister  het gevloei en ‘n ferm vriendskap is gevorm.

Later in 2009, by die SAMA toekennings, het Victor Edward van musiekkanaal MK  die lede van Flash Republic gevra om ‘n samewerking met ‘n rock band te oorweeg. Hulle het gedink dis ‘n uitstekende idee, en het  Foto Na Dans voorgestel. En so is Dans Republic gebore.

3

 

Dans Republic  se single, Afrikaans, is in die tussentyd op die speellys van 5FM geplaas, asook ‘n aantal streeks- en kampusradiostasies, waar dit tans uitstekende ontvangs van luisteraars geniet. Afrikaans se musiekvideo was vir 3 weke lank die #1 musiekvideo op musiekkanaal MK se trefferlys, en Foto Na Dans en Flash Republic  sal Afrikaans vir die eerste keer lewendig uitvoer by die MK Awards se toekenningseremonie in Februarie 2010.

NUWE ALBUM

Foto Na Dans begin in Februarie om ‘n nuwe album op te neem.  Die album sal in Mei vrygestel word, met ‘n landwye toer wat in Augustus sal volg. Foto Na Dans se fans kan uitkyk vir gereelde nuus oor die opneemproses in die media en op Foto Na Dans se facebook en myspace ruimtes.

Kry jou gratis aflaaisnit van Afrikaans hier.

 

Kyk die musiekvideo van Afrikaans hier. 

Foto Na Dans op facebook.

Foto Na Dans op myspace.

About the Author

arne

Leave a Reply

You can use these XHTML tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <blockquote cite=""> <code> <em> <strong>